
E-Boeke
Gratis Beskikbaar
Hierdie e-boeke deur ons oud-leraar Dr. Jacobus de Koning is lesings wat gegee tydens die Lynnwoodrif Bybelskool se diepte kursusse. Op aanvraag van studente is hierdie lesings op skrif gestel. Let wel daar is heelwat taal en tikfoute aangesien daar nie werklik proeflesing van die dokumente was nie.
​
Dit is die skrywer se gebed dat hierdie lesings soos dit nou in boekvorm verskyn sal lei tot bemoediging en versterking van gelowiges.
Soli Deo Gloria
Jacobus de Koning
Voorts wil die skrywer spesifieke erkenning gee aan die volgende skrywers en bronne wat die inhoud van hierdie lesings betref:
-
Wat die lesings oor “God en Lyding” betref is daar veral grootliks gesteun op die werk van Dr. A. Van de Beek “Waarom? Over lijden schuld en God.”
-
Wat die lesings oor die “Bergrede” betref is swaar geleun op preke van Dr. M Jones, John Piper en die Matteus kommentaar van Jakob van Bruggen.
-
Wat die lesings oor “Metamorfose” betref is daar, soos genoem in die boek, gebruik gemaak Tim Chester, se boek You can Change as riglyn.
-
Wat die lesings oor “Elia, Jona en Habakkuk” betref is daar gebruik gemaak van A.W. Pink se boekie: Elijah, F. Deist se boek: Die God van Jona en preke gelewer deur Coty Pickney oor die boek Habakuk.
-
Wat die “Genesis” lesings betref is veral gebruik gemaak van John. H Walton se kommentaar oor Genesis.
-
Die enigste e-boek op die webtuiste wat nie ‘n lesing was nie, is die “Leeu en die Lam.” Cornelius Plantinga se boek oor sonde en John Stott se werk oor The cross of Christ is veral hier geraadpleeg..